Opgraderings

Tuis Wenke Produkte Nuusflits Kursusdatums Opvoedkundig

Winkerk Plus 6.4 is nou hier beskikbaar!

Kies een van die onderstaande programme om af te laai:

Winkerk gewysigde attestateGewysigde aanvra en uitreik van attestate vir Sentrale Argief van die NG Kerk
Die Aanvraag en uitreik van attestate vorms is nou verander om die ID nommer van die lidmaat te bevat en nie meer die geboortedatum nie.
NB: Dit is baie belangrik dat u van die volgende moet kennis neem. Wanneer u hierdie opgradering aflaai en installeer is dit uiters noodsaaklik dat u die ID Nommers van lidmate moet voltooi alvorens u 'n aanvraag vorm wil uitreik of wanneer u 'n lidmaat wil argiveer en 'n attestaat of bewys wil uitreik. Indien u nie die ID nommer het nie, is dit belangrik dat u ten die eerste 6 syfers van die ID nommer moet voltooi sodat die volgende gemeente ten minste die geboortedatum gedeelte uit die Id nommer veld kan sien.
man

Finkerk Plus (V1.8.11)

Finkerk Databasis Fix

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

FINKERK PLUS
Ons wil graag gemeentes daaraan herinner dat om die opgraderings te kan aflaai,
u gemeente 'n opdatum steunkontrak met Infokerk moet hê.
Dit is baie belangrik dat u moet kennis van die feit dat nadat 'n opgradering gelaai is,
sal u Finkerk glad nie verslae druk nie,
insluitende bondellopies wat ook nie gedruk sal word nie.
U moet eers 'n ontsluitingskode van ons af kry voordat Finkerk weer sal druk.

Kontak enige van ons kantore vir meer besonderhede in die verband.

Wat is nuut in Weergawe 1.8.11 (26/02/2009)
Enkele kleiner wysiginge is aangebring.

Wat is nuut in Weergawe 1.8.7 (26/10/2007)
By die Wyksbydraestaat word die groottotaal van lidmate wat bygedra het, ook nou vertoon.
Die Beplanningsverslag is ook nou in nommer volgorde soos die res van die begrotingsverslae.
By die Bankrekonsiliasie is die detailkolom as 'n ekstra kolom bygevoeg. Daar kan ook nou op hierdie kolom sowel as op die bedrag kolom gesorteer word.
Die verslag van lidmate wat nie bygedra het nie, is nou alfabeties per wyk gegroepeer en die kolomwydte is ook groter gemaak.

Wat is nuut in Weergawe 1.8.6
By die "export" funksie van data is die geboortedatum bygevoeg as 'n veld wat ook "ge-export" kan word.

Wat is nuut in Weergawe 1.8.5
Vanaf 1.8.5 bevat slegs verdere "bug - fixes". Die probleem met sekere verslae wat nie in numeriese volgorde druk nie, is nou reggestel.

Wat is nuut in Weergawe 1.8.4
Vanaf 1.8.4 bevat slegs verdere "bug - fixes". Die probleem dat die bankrekonsiliasie al die onverrekende transaksies reg op die skerm wys, maar nie druk nie, is nou reggestel.

Wat is nuut in Weergawe 1.8.3
Vanaf 1.8.3 bevat slegs geringe "bug - fixes". Die probleem wat daar was met sekere gemeentes se jaareinde waar daar nie voorheen ooit 'n gemeentefonds was nie, is nou reggestel.

Wat is nuut in Weergawe 1.8.2
Vanaf 1.8.2 bevat slegs geringe "bug - fixes".

Wat is nuut in Weergawe 1.8.0
Vanaf 1.8.0 kan ontsluitingskodes vir Finkerk Plus ook nou per epos aangevra word. In hierdie weergawe is ook 'n nuwe wyksinkomste verslag bygevoeg.

Wat is nuut in Weergawe 1.7.9
Die probleem wat daar was met die oopmaak van ander databasisse is nou reggestel.

Wat is nuut in Weergawe 1.7.8

Die probleem met teruggeskryfde transaksies by die kwitansie-analise verslag is reggestel.
Hierdie is slegs 'n opgradering vir gebruikers wat reeds Finkerk Plus op hulle rekenaars geïnstalleer het. Die lêer is 569 kB groot en behoort in minder as 10 minute af te laai afhangende van die spoed van u modem en u konnneksie na u diensverskaffer.

Wat is nuut in Weergawe 1.7.7
Hierdie weergawe bevat 'n baie unieke koppelvlak met die Burofokus program van ABSA. Al die werk om lidmate se rekenings te debiteer word basies in Winkerk en Finkerk gedoen en daar word dan uit Finkerk 'n tekslêer geskep wat deur ABSA se program ingelees word. Die versending na die bank word dan deur ABSA se program gedoen, maar daar hoef niks in ABSA se program bygewerk te word nie. Al die bywerkings word in Winkerk en Finkerk gedoen.

Wat is nuut in Weergawe 1.7.2
In Weergawe 1.7.2 is van die drukstukke in hierdie weergawe is verbeter. Daar is ook 'n "export" funksie bygevoeg waar transaksies na Excel uitgevoer kan word. Enkele ander verbeteringe is ook bygevoeg.

Finkerk Databasis Fix
Wat doen hierdie Fix Program?
Gemeentes wat 'n foutboodskap "Object Lidmate already exist" kry kan hierdie program gebruik om die databasis te herstel.

Organoniser 1.3

 

 

 

 

 

 

ORGANONISER
Weergawe 1.3

Hierdie weergawe bevat alles van Weergawe 1.2 plus die volgende verbeteringe:
Die probleem wat daar was met die skeduling dat sekere reeksinskrywings een maal te vêr geskeduleer het, is nou reggestel. Die tweede belangrike verbetering is dat die registrasieprosedure verbeter is. Onsluitingskodes hoef nou nie meer net per telefoon aangevra te word nie, maar kan nou ook per epos van ons hoofkantoor (infokerk@global.co.za) verkry word.
Organoniser Weergawe 1.2
Met hierdie opgradering is daar 'n paar leemtes verbeter. Die eerste belangrike verbetering is dat die kolomwydtes vir die eerste dag van die week verander kan word. 'n Tweede belangrike verandering is dat enige inskrywing nou Bold gedruk kan word terwyl die res van inskrywings op die dag normaal kan wees. 'n Derde belangrike verandering is dat die kantlyne se wydte een maal verander kan word en nie elke keer wanneer daar gedruk moet word, verander moet word nie. 'n Laaste belangrike verandering is dat "All day events" nou gesorteer kan word. Alle inskrywings word in tyd volgorde gedruk, maar alle inskrywings tussen 00:00 en 00:59 word as "all day events" geag en die tyd word nie gedruk langs die inskrywing nie. Die lêer is ongeveer 450 kB groot en behoort in minder as 8 minute af te laai afhangende van die spoed van u modem en u konnneksie na u diensverskaffer.
Klik hier om WK 6.4 af te laai

Klik hier om SetPath Patch af te laai

LW: Wanneer u hierbo klik sal Windows 'n skerm soos hieronder vir u vertoon. Moenie op "Run" klik NIE
maar klik op "SAVE".   Windows sal dan vra waar u dit wil stoor. Kies dan 'n plek waar u dit weer sal opspoor.

SaveRun.gif (9091 bytes)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SetPath
Inligting rakende SetPath Patch
Gemeentes wat 'n foutbootskap kry met Setpath onder Windows Vista kan hierdie Patch aflaai en installeer. Dit sal die probleem oplos.

WINKERK PLUS

Inligting rakende die opgradering Weergawe 6.4 van Winkerk Plus.


Wat is nuut in Weergawe 6.4
LW: Hierdie opgradering is slegs bedoel vir gebruikers wat reeds Winkerk Plus 6.0 of later gebruik!!! Hierdie opgradering sal nie werk indien u nog Winkerk 5.* het nie. Kontak ons in die verband vir 'n nuwe CD.

Die opgradering 6.4 se belangrikste nuwe funksies is die volgende:
1.  Die ID nommers van lidmate is nou vir die NG Kerk en AP Kerk verpligtend. Die rede waarom dit verpligtend word by die NG Kerk, is om gemeentes se data solank reg te kry met die oog op die sentralisering van die registers by die Kerkargief. Sien ook ons nuusbrief van Mrt 2007 onder die afdeling "Nuusflits"
2.  Daar is ook nou 'n funksie om te toets of 'n lidmate se ID nommer 'n geldige RSA ID nommer is. (LW: Alle ID nommers moet aanmekaar ingevoer word, sonder enige spasies of koppeltekens.)
3.  Die skerm met "Vandag se Verjaarsdae" is aansienlik opgegradeer en uitgebrei.
     3.1   Indien u die foto funksie gebruik en fotos van lidmate het, word dit ook nou op hierdie bladsy vertoon.
     3.2   Daar kan nou vanaf hierdie bladsy direk SMS'e gestuur word aan lidmate wat vandag verjaar.
     3.3   Enige maand se verjaarsdae kan ook nou gekies word.
4.  By die "Byvoeg" en "Wysig" skerm is die kortpaaie aan die onderkant van die skerm uitgebrei om ook voorsiening te maak vir kortpaaie wat ontbreek het, soos bv. Gawes, Passies, Bedieningstyle en Titels.
5.  'n Klompie "bugs" is ook reggemaak, soos bv. die probleem dat die naam gemeente by die aanvra van attestate soms die naam gewys het van die vorige aanvraaggemeente.
6.  Die probleem wat daar was met die Skrap van lidmate vir die APK is reggestel.
7.  Met die uitreik van bewyse en attestate kan die verslag nou eers op die skerm vertoon word, waarop die gebruiker dan kan kies om die vorm te faks, epos of te druk na die drukker.
8.  Daar is heelwat veranderinge aan die invoerskerm aangebring vir die Lutherse Kerk.
9.  Die SMS funksies is uitgebrei. Waar gemeentes in die verlede slegs die Nokia funksie moes gebruik, kan gemeentes nou ook kies om van BulkSMS gebruik te maak. In laasgenoemde geval het gemeentes nou nie meer 'n selfoon of infrarooi koppelvlak nodig nie. Die opstel van die BulkSMS funksie word breedvoerig in die handleiding bespreek wat onder die "Wenke" afdeling afgelaai kan word. Om die SMS'e te stuur is daar niks wat aan die Winkerk kant verander nie, maar aangesien die BulkSMS funksie 'n internet funksie is, moet jy aanlyn wees om dit te stuur. (Die kies van lidmate in Winkerk ens. kan aflyn plaasvind.)  Die werklike stuuraksie word deur die BulkSMS sagteware gedoen. Hierdie sagteware moet van BulkSMS se webwerf afgelaai word. (Sien ook die handleiding onder die Wenke afdeling.)


Wat is nuut in Weergawe 6.3

Die opgradering 6.3 stel sekere probleme wat daar met die bankbesonderhede van lidmate was reg. 'n Verdere belangrike verbetering is by die SMS module van die program. Die selfoonnommers in die SMS module koppel nou aan die selfoonnommers in Winkerk sodat 'n persoon se naam en van ook nou in die SMS module sigbaar is, indien die persoon se naam natuurlik in Winkerk voorkom. Onder die "Beroep TAB" is daar ook 'n funksie om die selfoonnommers van lidmate om te skakel na die Internasionale formaat nommers". (Dit is noodsaaklik vir die koppeling in die SMS module.) In die opgradering is opgraderings 6.1 en 6.2 ook ingesluit.   
LW: Hierdie opgradering is slegs bedoel vir gebruikers wat reeds Winkerk Plus 6.0 gebruik!!! Hierdie opgradering sal nie werk indien u nog Winkerk 5.* het nie. Kontak ons in die verband vir 'n nuwe CD.

Wat is nuut in Weergawe 6.2

In Weergawe 6.2 is enkele probleme in die "Ou Verslagskrywer" reggemaak. 'n Belangrike funksie van Winkerk 6.2 is dat die "Dankoffer" module addisionele funksionaliteit bygekry het. Die lidmate wat per debietorder bydrae se bankbesonderhede kan nou hier in Winkerk ingevoer word. Hierdie inligting word dan tydens die sinkronisasieproses na Finkerk oorgedra, sodat dit in die nuwe Finkerk debietorderstelsel gebruik kan word. Hierdie nuwe Finkerk Debietorder stelsel koppel ook nou met die Buro Fokus program van ABSA. Sien die afdeling vir Finkerk oor meer besonderhede.
'n Volgende belangrike funksies wat ook bygekom het, is dat by die "Tag" Opsies kan daar nou aan lidmate d.m.v. die "Tag" funksie 'n groepsindikator gelyktydig toegeken word.
By die "Tag" Opsies het 'n funksie bygekom om 'n sekere Groepsindikator gelyktydig aan "GeTagde" lidmate toe te ken.

Wat is nuut in Weergawe 6.1

Weergawe 6.1 bevat weer 'n werkende "Ou Verslagskrywer".

Wat is nuut in Weergawe 6.0

Sien die nuusflits afdeling vir meer besonderhede oor Winkerk 6.0.
VDM Plus Opgradering VDM PLUS
VDM Plus Opgradering

Die probleem wat daar was met die gedeeltelike sinkronisasie, nl. dat nie alle inligting van die lid opgedateer word nie is nou reggestel.

Academix 1.0.0
Academix 2.2
Academix Setpath
Academix English Helpfile
ACADEMIX
Meer inligting oor opgraderings:
1.  Academix 2.2  Hierdie weergawe is slegs vir gebruikers wat weergawe 2.0 of   2.1 aangekoop het. Indien 'n weergawe tussen 1.0 en 2. het, kan u ons gerus kontak vir 'n vervangings CD.   Om die installasie te begin moet daar op patch002.exe gedubbelklik word. Hierdie opgradering het ontstaan met veral die gebruik van die program in skole oor 'n Lokale area netwerk in gedagte. Hierdie weergawe gee baie meer beheer aan die ouer of onderwyser. LW. Hierdie opgradering is ongeveer 4 mB groot. LW: Hierdie is nie 'n losstaande program nie. U bestaande Academix moet steeds in 'n werkende toestand wees voordat u die opgradering kan laai. Onthou ook dat u nie in Academix moet wees as u wil opgradeer nie.
2.  Academix 1.0 is vir gebruikers wat enige van die beta weergawes aangekoop en nog nie al die laerskool lesse het nie. Onthou die opgradering is nie 'n volprogram nie, en kan alleen werk as die volprogram eers vanaf die CD gelaai is.
3.  Academix Setpath is vir gebruikers wat die program in 'n rekenaar sentrum oor 'n netwerk wil gebruik. Kontak ons kantore vir meer besonderhede.
4.  Academix English Helpfile. Hierdie lêer is beskikbaar om in Acrobat Reader te lees, maar kan nog nie deur die program oopgemaak word nie.
Salcon 1.3.8SALCON 
Meer inligting oor Salcon 1.3.8
Probleem met die "Monthly Salary Register" verslag is reggemaak..
Meer inligting oor Salcon 1.3.7
Probleem met die belastingberekening op pensioenkodes is reggemaak.
Meer inligting oor Salcon 1.3.6
Probleem met die vertoon van die verlofskerm is reggemaak.
Meer inligting oor Salcon 1.3.5
Enkele "bug" fixes is gedoen.  
Meer inligting oor Salcon 1.3
Hierdie weergawe is slegs vir gebruikers wat reeds weergawe 1.0 gelaai het. In hierdie weergawe is 'n "Calculator" bygevoeg om om die belasting op die jaarlikse betaling (bonus) mee te bereken.