Infokerk Omsendbrief Mrt 2019

Logo

Geagte Winkerk gebruiker,

Kan u dit glo!! Ons is al amper in die tweede kwartaal van die jaar en dit voel of dit nog gister Kersfees was. Dit is ons bede dat u gemeente in hierdie jaar besondere geestelike groei en toerusting sal ervaar en dat die gebruik van ons sagteware die bediening in u gemeente na hoƫ hoogtes sal begelei.

Ons is baie opgewonde en sien met verwagting uit na al die nuwe programme en verbeteringe aan bestaande programme wat hierdie jaar uitgegee gaan word.

April - aanpassing 2019

Soos die gebruik jaarliks is, sal daar hierdie jaar weer 'n aanpassing in die maandelikse lisensiefooie van ons produkte wees. Die styging in die lisensiefooie word gebaseer op die huidige maandelikse bedrag wat gemeentes betaal.

Huidige lisensiefooi 2018/2019 Lisensiefooie
Minder as R100 per maand GEEN STYGING
R100 - R199 R10 per maand styging
R200 en meer per maand R20 per maand styging
Finkerk R5 per maand styging
Backup Buddy vir Winkerk R5 per maand styging
Backup Buddy vir Finkerk R5 per maand styging

Logo

Winkerk Online en Winkerk 7

  1. Gemeentes wat reeds geregistreer is vir Winkerk Online sal voortaan in Winkerk 7 kan soek na nuwe intrekkers.
  2. Soektogte na nuwe lidmate se attestate is nou so eenvoudig soos om die lidmaat se van, volle name en geboortedatum in Winkerk 7 in te tik, en binne sekondes wys Winkerk 7 vir jou waar 'n lidmaat met daardie inligting in die sentrale data gevind is.
  3. Op daardie punt kan jy ook kies om die gesinslede te soek.
  4. Die lidmaat word dan binne in Winkerk 7 vertoon, en as dit die regte lidmaat is, kan 'n gebruiker die lidmaat kies, en die program maak dan outomaties die aanvraagverslag skerm oop.
  5. Die aanvraagverslag kan dan soos normaalweg gestoor, gedruk of per epos gestuur word.
  6. Nadat die aanvraagverslag skerm toegemaak is, word die lidmaat of lidmate se besonderhede outomaties in die databasis ingeskryf.
  7. Kliek hier vir 'n video oor die werking van Winkerk Online.

Antivirus sagteware

Certified Kaspersky Reseller

Logo

Seën en Voorspoed

Groete
Jan Venter