Tuis Opgraderings Produkte Opvoedkundig Kursusdatums
Infokerksmall.jpg (6568 bytes)

InfoKerk
Nuusbrief
Maart 2008

Geagte Gebruiker,

Ons glo en vertrou dat u tot dusver 'n baie aangename 2008 beleef het en dat die res van die jaar vir u ook net mooi dinge mag inhou.

Maandelikse Lisensiefooie

Lisensiefooie

Soos u almal bewus is, is daar maar elke jaar 'n styging in die maandelikse lisensiefooie en sal dit ook weer 1 April 2008 plaasvind. Dit styging is hierdie jaar ongeveer 8.0% en word in die onderstaande tabel vir u aangedui. 
Soos altyd in die verlede het ons hierdie jaar weer met die jaarlikse aanpassing probeer om kleiner gemeentes tegemoet te kom met hulle maandelikse fooie. Ons het eerstens 'n addisionele kategorie geskep om kleiner gemeentes tegemoet te kom. Die kategorie 100 – 250 is in twee verdeel nl. 1. 100 – 175 en 2. 176 – 250, waarvan die kleiner  kategorie (100 – 175) se tarief VERLAAG is van R87 na R85. Ons het ook nou die kategorie vir gemeentes met minder as 'n 100 belydende lidmate as 'n amptelike kategorie ingebring en hulle bedrag per maand is slegs R60 per maand.
Die implikasie van ons bg. verdelings van die kategorieë is dat 73 gemeentes in 2008 minder betaal as in 2007. 'n Verdere 95 gemeentes se bedrae is in 2008 presies dieselfde as wat dit in 2007 was.

Interval
(Aantal Lidmate)

Tarief
per maand

Interval
(Aantal Lidmate)

Tarief
per maand

1 – 99

R60

2251 – 2500

R145

100 – 175

R85

2501 – 2750

R147

176 - 250

R94

2751 – 3000

R152

251 - 500

R102

3001 - 3250

R156

501 - 750

R110

3251 - 3500

R162

751 - 1000

R116

3501 - 3750

R165

1001 - 1250

R120

3751 - 4000

R169

1251 - 1500

R125

4001 - 4250

R173

1501 - 1750

R131

4250 - 4500

R178

1751 – 2000

R134

4501 – 5000

R193

2001 – 2250

R139

 

 

Makrogemeentes wat meer as 5000 belydende lidmate het se tariewe kan wissel tussen R375 en meer per maand.

Sentrale Register van Lidmate by die kerkargief

Dit lyk tans asof die onderhandelinge om 'n sentrale register vir lidmate van die NG Kerk daar te stel goed op dreef is. Alles dui daarop dat ons die nuwe stelsel teen 1 Jan 2009 sal kan implementeer.

Watter stappe moet volg om u gemeente se data gereed te maak vir Sentralisasie!
Volgens die voorskrifte van die Algemene Sinode 2007 word lidmate in twee groepe verdeel nl:

1.   Lidmate met Adresse
2.   Lidmate sonder Adresse.

1.   Lidmate met Adresse.
Hierdie is al die lidmate wat tans in u gemeente woon, of  buite die gemeente woon, maar met toestemming lidmaat van u gemeente is, waarvan die adres van die lidmaat dus aan bekend is. Hierdie lidmate moet volledig, insluitendende met ID nommers, in u huidige stelsel opgeneem word.

2.   Lidmate sonder Adresse.
Hierdie is lidmate wat nog op u handregisters voorkom, maar wat nie meer 'n adres in u gemeente het nie. Dit is tipies lidmate wat bedank het, of net weggeraak het sonder dat hulle lidmaatskap amptelik oorgeplaas is. Sulke persone wat in die handregisters ingeskryf is en nie reeds in Winkerk ingevoer is nie, moet ingevoer word en dadelik weer geskrap word. Die rede vir Argivering moet dan as Vertrek Sonder Bewys aangedui word. Hierdie lidmate is lidmate wat sedert 1980 in die registers ingeskryf was.

money

FinkerkPlus
Steunkontrak

Gemeentes wat Finkerk gebruik se maandelikse fooi vir Finkerk sal ook op 1 April 2008 verhoog van R25 per maand tot R28 per maand. Gemeentes in Transvaal wat graag weer of vir die eerste keer opleiding in Finkerk verlang kan gerus vir Mnr Neels Nothnagel kontak by (082) 324-1949. Gemeentes in ander sindodes kan die plaaslike takkantoor van Infokerk kontak.



Winkerk Plus 6.0

Ons wil graag gemeentes wat nog nie Winkerk 6.0 van ons bestel het nie, aanmoedig om dit te doen. Daar is regtig heelwat verbeteringe in die program en die totale koste vir opgradering is slegs R85. Dit sluit die koste van die CD, posgeld en verpakking en BTW in. Volgens ons rekords is daar nog 40 gemeentes wat nog nie weergawe 6.0 bestel het nie.

Winkerk Plus kursusdatums:

Die kursusdatums vir kursusse wat in Pretoria aangebied word is soos volg:

Datum

Tipe Kursus

Koste

16 Apr

Winkerk Plus - Beginners

Gratis + R45 etegeld per persoon

23 Apr

Winkerk Plus - Gevorderd

Gratis + R45 etegeld per persoon

14 Mei

Winkerk Plus - Beginners

Gratis + R45 etegeld per persoon

28 Mei

Winkerk Plus - Gevorderd

Gratis + R45 etegeld per persoon

6 Aug

Winkerk Plus - Beginners

Gratis + R45 etegeld per persoon

20 Aug

Winkerk Plus - Gevorderd

Gratis + R45 etegeld per persoon

3 Sep

Winkerk Plus – Beginners

Gratis + R45 etegeld per persoon

17 Sep

Winkerk Plus – Gevorderd

Gratis + R45 etegeld per persoon

8 Okt

Winkerk Plus - Beginners

Gratis + R45 etegeld per persoon

22 Okt

Winkerk Plus - Gevorderd

Gratis + R45 etegeld per persoon

5 Nov

Winkerk Plus - Beginners

Gratis + R45 etegeld per persoon

12 Nov

Winkerk Plus - Gevorderd

Gratis + R45 etegeld per persoon

 

SMS Funksies

Onthou dat met weergawe 6.4 van Winkerk kan u ook nou SMS'e stuur deur middel van BulkSMS. Sien asb ons webwerf vir meer besonderhede oor die stuur van SMS'e met BulkSMS. Gemeentes sal nog ook nog die bestaande Nokia SMS's kan gebruik indien hulle sou verkies om daarmee voort te gaan.

Nokia 6310 Selfone
Indien daar gemeentes is wat graag die SMS funksie wil gebruik maar wat sukkel om die regte selfone in die hande te kry, kan u ons gerus kontak. Ons kan steeds herboude 6310 selfone aan gemeentes verskaf teen ongeveer R985 – R1000 elk.
Ons het steeds 'n aantal MA620 Infrarooi koppelvlakke wat ons teen R300 elk aan gemeentes beskikbaar kan stel

Telefoniese ondersteuning

Telefoniese Ondersteuning.
Dit het die afgelope tyd onder ons aandag gekom dat gemeentes soms sukkel om ons per telefoon te bereik.
Ons wil dit graag weer onder gemeentes se aandag bring dat gebruikers asb die takkantoor in hulle provinsie moet skakel vir ondersteuning. Ons ondervind tans by ons kantoor in Pretoria 'n hoë volume oproepe van gemeentes uit die Kaap, Natal , OVS en Wes Transvaal. Gemeentes moet asb daarop let dat slegs gemeentes in Noord, Suid- en Oos Transvaal moet ons kantoor in Pretoria bel vir telefoniese ondersteuning in Winkerk.
Indien u die persone in u eie areas nie in die hande kry nie, kan u gerus boodskappe laat dat hulle u moet kontak. Let asb daarop dat as hulle u terugskakel, dit waardeeer sal word as u hulle weer sal terugbel. Dit is onmoontlik vir een persoon om tientalle mense terug te skakel.
Vir Ontsluitingskodes in Finkerk, Organoniser en VDM moet gemeentes uit alle areas asb ons kantoor in Pretoria bel.
Klik hier vir kontakbesonderhede van ons verskillende kantore.

Ons wil ook graag vir gemeentes daarop wys dat, soos die res van die land, ons ook deurloop onder die uitwerking van beurtkrag. Aangesien ons skakelbord af is as daar nie krag is nie, mag dit ook dalk vir u klink of ons nie die telefoon antwoord nie. Hoewel dit dus vir u klink of die telefoon lui aan u kant, lui dit nie by ons kant nie.

LW: Alle ontsluitingskodes kan ook per epos aangevra word. Ons sal veral in die geval van beurtkrag, sodra ons weer aanlyn is, epos kodes bereken en terugstuur.

Groete

Jan Venter

20 Maart 2008