![]() |
InfoKerk |
Geagte
Gebruiker,
Ons
glo en vertrou dat u 'n baie aangename 2007 beleef en dat die res van die jaar van die
jaar vir u net mooi dinge mag inhou.
Maandelikse Lisensiefooie |
Soos u almal bewus
is, is daar maar elke jaar 'n styging in die maandelikse lisensiefooie en sal dit ook weer
1 April 2007 plaasvind. Dit styging is hierdie jaar ongeveer 7.0% en word in die
onderstaande tabel vir u aangedui. |
Interval |
Tarief per maand |
Interval |
Tarief per maand |
| 100 - 250 | R87 | 2501 - 2750 | R134 |
| 251 - 500 | R94 | 2751 - 3000 | R138 |
| 501 - 750 | R102 | 3001 - 3250 | R142 |
| 751 - 1000 | R108 | 3251 - 3500 | R147 |
| 1001 - 1250 | R111 | 3501 - 3750 | R150 |
| 1251 - 1500 | R118 | 3751 - 4000 | R154 |
| 1501 - 1750 | R120 | 4001 - 4250 | R157 |
| 1751 - 2000 | R123 | 4251 - 4500 | R162 |
| 2001 - 2250 | R126 | 4501 - 4750 | R167 |
| 2251 - 2500 | R132 | 4751 - 5000 | R172 |
Makrogemeentes
wat meer as 5000 belydende lidmate het se tariewe kan wissel tussen R375 en meer per
maand.
Sentrale Register van Lidmate by die kerkargief |
Dit lyk tans asof die onderhandelinge om 'n sentrale register vir lidmate van die NG Kerk daar te stel goed op dreef is, en of ons dalk reeds teen die middel van 2008 alles in plek kan hê om met die nuwe stelsel te begin. |
Watter
voordeel hou dit vir gemeentes in?
1.
Die
jaarlikse indien van die afskrifte van registers sal heeltemal verval.
2.
Die aanvra
van bewyse van lidmaatskap sal vanaf die sentrale register gedoen word, wat beteken die
tyd wat gemors word om na bewyse te soek bykans tot zero beperk kan word.
3.
Die hele
proses van aanvra en uitreik van bewyse sal deur u Winkerk op u rekenaar plaasvind.
Wat
kan u doen om solank alles vir die proses gereed te kry?
1.
U moet asb.
seker maak dat u vir elke lidmaat, belydend sowel as doop, 'n geldige ID Nommer intik. Die ID Nommer sal vanaf
Winkerk 6.4 verpligtend in die program wees.
2.
Maak asb.
ook seker dat die volgende velde by elke lidmaat volledig voltooi is:
a. Lidmaatstatus Onthou slegs lidmate wat as "Belydend" of "Doop" aangedui is, sal oorgedra word na die sentrale register.
b. Bewysstatus Onthou slegs lidmate wat as "Ontvang" aangedui is, sal oorgedra word na die sentrale register.
c. Die lidmaat se aankomsdatum moet korrek wees.
d. Die lidmaat se vorige gemeente moet aangedui wees.
e. Die lidmaat se nooiensvan moet volledig aangedui wees. In geval van mans, kinders en ongetroude vrouens moet die huidge van in die "Nooiensvan" veld staan en in die geval van getroude vrouens moet die nooiensvan en dan in hakies die woord "NOU" en die getroude van staan, bv. "KOTZE (NOU VENTER)
f. Die lidmaat se volle name moet korrek ingevul wees.
g. Die lidmaat se geboortedatum moet korrek ingevul wees.
h. Indien van toepassing moet die opmerkingskolomme ook voltooi wees.
3.
In die geval
van persone wat belydenis van geloof afgelê het, moet die volgende velde ook volledig
voltooi word:
a. Leraar wat die belydenisaflegging waargeneem het.
b. Belydenisdatum en ook Aankomsdatum.
c. Datum van toelating tot belydenisaflegging.
4.
In die geval
van persone wat gedoop is, moet die volgende velde ook volledig voltooi word:
a. Leraar wat die doop bedien het
b. Vader en Moeder se name
c. Doopdatum en ook Aankomsdatum.
5.
LW: Die lidmate wat in u "Tydelike
Argief" voorkom is nog steeds lidmate van u gemeente. Ons sou baie sterk aanbeveel
dat alle gemeentes 'n intensiewe opsporingsproses van hierdie lidmate moet loods. Ons weet
dat u nie naastenby almal sal kan opspoor nie, maar hoe minder "weggeraakte
lidmate" ons tydens die lasproses van gemeente inligting gaan hê, hoe meer akkuraat
gaan ons sentrale databasis wees:
FinkerkPlus |
Daar is ook nog heelwat gemeentes wat Finkerk gebruik en nie die Finkerk steunkontrak van R22 per maand betaal nie. Gemeentes sal onthou dat ons reeds met die Jan 2006 nuusbrief vir gemeentes daarop gewys het, dat indien n gemeente se steunkontrak nie in orde is nie, gemeentes nie meer opgraderings mag kry nie. Dit beteken ook dat sulke gemeentes nie meer ontsluitingskodes mag verkry nie. Gemeentes wat nog nie die steunkontrak met ons aangegaan het nie, word aangemoedig om die steunkontrak te aanvaar deur slegs die onderstaande vorm te teken en aan ons terug te faks na 0866 124 529. Let asb. ook daarop dat die R22 per maand vanaf 1 April sal styg na R25 per maand. |
Voltooi asb. onderstaande vorm en stuur so spoedig
moontlik aan ons terug.
Aanvaarding van die steunkontrak vir Finkerk Plus |
|
| Ons gemeente gebruik FinkerkPlus en wil graag die steunkontrak met INFOKERK aangaan synde telefoniese ondersteuning te ontvang sowel as om te kwalifiseer vir gratis opgraderings wat hoofsaaklik op die Internet beskikbaar sal wees. Debiteer asb. ons rekening deur die bedrag van R25 by te voeg by die maandelikse lisensiefooi wat reeds vir die gebruik van Winkerk Plus afgetrek word. | |
| Naam van Gemeente |
|
| Naam van Gevolmagtigde persoon | |
| Handtekening: |
|
Winkerk Plus 6.3 |
Ons wil graag gemeentes wat nog nie Winkerk 6.0 van ons bestel het nie, aanmoedig om dit te doen. Daar is regtig heelwat verbeteringe in die program en die totale koste vir opgradering is slegs R80. Dit sluit die koste van die CD, posgeld en verpakking en BTW in. Volgens ons rekords is daar nog 60 gemeentes wat nog nie weergawe 6.0 bestel het nie. |
Winkerk Plus kursusdatums:
Die kursusdatums vir kursusse wat in Pretoria
aangebied word is soos volg:
Datum |
Tipe
Kursus |
Koste |
21 Feb |
Winkerk Plus
Beginners |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
6
Maart |
Winkerk Plus - Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
14
Maart |
Winkerk
Plus Beginners |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
11 Apr |
Winkerk Plus - Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
2 Mei |
Winkerk Plus - Beginners |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
9 Mei |
Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
8 Aug |
Winkerk Plus - Beginners |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
22 Aug |
Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
18 Sep |
Winkerk Plus
Beginners |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
3 Okt |
Winkerk Plus - Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
31 Okt |
Winkerk Plus - Beginners |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
7 Nov |
Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
SMS Funksies |
Ons het reeds vêr gevorder met die skryf van twee nuwe metodes om SMS's mee te stuur. Die een metode word deur die internet met gebruikmaking van BulkSMS gestuur, en die ander een word deur 'n USB GSM modem gestuur. Gemeentes sal nog ook nog die bestaande Nokia SMS's kan gebruik indien hulle sou verkies om daarmee voort te gaan. Ons het nog nie 'n datum waarop hierdie funksies gereed sal wees nie, maar dit behoort nie meer te lank te wees nie |
![]() |
Nokia 6210 Selfone Indien daar gemeentes is wat graag die SMS funksie wil gebruik maar wat sukkel om die regte selfone in die hande te kry, kan u ons gerus kontak. Ons kan steeds herboude 6210 selfone aan gemeentes verskaf teen ongeveer R650 R700 elk. |
![]() |
Ons het steeds 'n aantal MA620 Infrarooi koppelvlakke wat ons teen R300 elk aan gemeentes beskikbaar kan stel |
Groete
Jan
Venter
23 Maart 2007