![]() |
InfoKerk |
Geagte Gebruiker,
Ons
glo en vertrou dat u 'n aangename kerstyd en gepaardgaande vakansie beleef het. Nou ja,
hier in die kantore van Infokerk het ons 'n baie arbeidsame Desember beleef.
Maandelikse Lisensiefooie |
Soos u almal bewus
is, is daar maar elke jaar 'n styging in die maandelikse lisensiefooie en sal dit ook weer
1 April 2006 plaasvind. Dit styging is hierdie jaar slegs 7,5% en word in die onderstaande
tabel vir u aangedui. |
| Aantal Lidmate | Maandeliks Tarief | Aantal Lidmate | Maandeliks Tarief | Aantal Lidmate | Maandeliks Tarief |
| 100 250 | R81 |
1501
- 1750 |
R112 |
3001
- 3250 |
R133 |
| 251 - 500 | R88 |
1751 2000 | R115 |
3251
- 3500 |
R137 |
| 501 - 750 | R95 |
2001
2250 |
R118 |
3501
- 3750 |
R140 |
| 751 - 1000 | R101 |
2251
2500 |
R123 |
3751
- 4000 |
R144 |
| 1001 - 1250 | R104 |
2501
2750 |
R125 |
4001
- 4250 |
R147 |
| 1251 - 1500 | R108 |
2751
3000 |
R129 |
4250
- 4500 |
R151 |
Almanac 2000 |
Gemeentes
wat nog hierdie program gebruik moet asb. kennis neem dat die maatskappy wat dit ontwikkel
het, nl. Datastorm, die program reeds 'n paar jaar gelede van die mark onttrek het, en nie
meer ondersteun nie. Ons (Infokerk) kan wel nog vir gemeentes wat nog Windows 98 gebruik
ontsluitingskodes gee vir die program. Gemeentes wat egter Windows 2000 of Windows XP
gebruik sal die "Organoniser" moet aankoop. Ons wil gemeentes wat nog die
Almanac 2000 program gebruik egter baie sterk aanmoedig om nou die Organoniser te bekom
teen verlede jaar se prys. U kan dit nog steeds bekom teen R605-00. Die prys gaan
binnekort op na R719-00. (Pryse sluit posgeld en BTW in.) |
|
Ons wil graag gemeentes wat nog nie Winkerk 6.0 van ons bestel het nie, aanmoedig om dit te doen. Daar is regtig heelwat verbeteringe in die program en die totale koste vir opgradering is slegs R70. Dit sluit die koste van die CD, posgeld en verpakking en BTW in. Volgens ons rekords is daar nog 120 gemeentes van die 1016 gemeentes wat tans die program gebruik, wat nog nie weergawe 6.0 bestel het nie. |
Daar is ook nog heelwat gemeentes
wat nie die Finkerk steunkontrak van R18 per maand met ons bevestig het nie. Gemeentes sal
onthou dat die steunkontrak in die verlede R200 per jaar beloop het. Omdat die
administrasie hieraan verbonde vir ons te moeilik geword het, het ons besluit om die
jaarlikse fooi vanaf 2005 na 'n maandelikse fooi te verander en is die bedrag dan R18 per
maand. Die steunkontrak is verpligtend en gemeentes wat nie die R18 per maand by hulle
debietorder vir Winkerk laat byvoeg nie, sal voortaan nie meer ontsluitingskodes vir
Finkerk kan ontvang nie. Om die steunkontrak te aanvaar hoef u slegs die onderstaande vorm
te teken en aan ons terug te faks na 0866 124 529. Let asb. ook daarop dat die R18 per
maand vanaf 1 April sal styg na R22 per maand.
Voltooi asb. onderstaande vorm en stuur so spoedig
moontlik aan ons terug.
Aanvaarding van die steunkontrak vir
Finkerk Plus. |
|
Naam van
Gemeente: |
|
Naam van
Gevolmagtigde persoon:
|
|
Handtekening:
|
|
![]() |
Winkerk Plus kursusdatums: Die kursusdatums vir kursusse wat in Pretoria
aangebied word is soos volg: |
|
| Datum | Tipe Kursus | Koste |
| 7 Feb | Winkerk Plus - Beginners | Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 14 Feb | Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 7 Maart | Winkerk Plus - Beginners | Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 28 Maart | Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 9 Mei | Winkerk Plus - Beginners | Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 23 Mei | Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 15 Aug | Winkerk Plus - Beginners | Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 22 Aug | Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 17 Okt | Winkerk Plus - Beginners | Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 24 Okt | Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 7 Nov | Winkerk Plus - Beginners | Gratis + R45 etegeld per persoon |
| 14 Nov | Winkerk Plus
Gevorderd |
Gratis + R45 etegeld per persoon |
Gemeentes wat nog nie Finkerk
aangekoop nie, kan gerus hierdie aanbod baie sterk oorweeg. Redes waarom gemeentes Finkerk
kan oorweeg is die volgende:
1.
Die aankoopprys sowel as die koste van opgraderings
is baie goedkoper as enige ander boekhou program wat u op die winkelrakke kan koop.
2.
Finkerk is die enigste boekhou program wat 'n direkte
koppelvlak met Winkerk Plus het.
3.
Finkerk Plus is deur ouditeure en rekenmeesters
goedgekeur vir gebruik in die kerk.
4.
Finkerk Plus is baie gebruikersvriendelik en maklik
om te gebruik en die ondersteuning en opleiding word in Transvaal deur 'n
rekenmeestersfirma gedoen.
5.
Daar is ook nou 'n direkte koppelvlak met ABSA se
Burofokus program om lidmate se debietorder lopies vanaf Finkerk Plus na ABSA deur te
stuur.
Indien
u gemeente voor 28 Februarie 2006 Finkerk Plus aankoop, kan u dit aankoop teen die
ongelooflike lae prys van R1200 ([1])
i.p.v. die normale prys van R1600. Koop nou en word deel van die bykans 500 gemeentes wat
reeds Finkerk Plus aangekoop het.
![]() |
Nokia 6210 Selfone |
![]() |
Infrarooi koppelvlakke: Ons het ook 20 MA620 Infrarooi koppelvlakke bekom wat ons teen R299 elk aan gemeentes beskikbaar kan stel. Die eerste 20 gemeentes wat dit aankoop kan dit teen hierdie spesiale prys kry. |
![]() |
Ons
wil graag van hierdie jaar af 'n addisionele diens aan gemeentes lewer. Dit gebeur bykans
daagliks dat ons gemeentes kry wie se Winkerk en/of Finkerk data op 'n manier weggeraak
het. Die grootste probleem blyk eerstens diefstal van toerusting te wees en tweedens die
toerusting self wat breek. Die diens wat ons nou van hierdie jaar af aan gemeentes wil
lewer is nl. om op 'n gereelde basis rusgsteunkopieë van data by die gemeente te kom maak
en dit dan by ons te stoor. Ons sal voorlopig begin deur hierdie diens te beperk net tot
Pretoria, maar ons sou dit ook later kon uitbrei na ander areas. 'n Tweede diens wat
gemeentes ook sou kon ondersoek is gereelde instandhouding en opgradering van hulle
toerusting. Gemeentes wat in enige van hierdie dienste belangstel kan ons gerus kontak
sodat ons iemand na u toe kan stuur vir 'n gratis kwotasie. |
Studente Akkomodasie vir Tukkiestudente.
Die akkomodasie
beskikbaar, is splinternuwe luukse 2 slaapkamerwoonstelle, wat ten volle toegerus is met
'n stoof, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf, lessenaar, boekrak, en vele meer. Die kompleks is reg oorkant Universiteitsoord se
kerkgebou en is sowat 5 minute se stap van die kampus af. Hierdie is enige student se droom. Kontak my gerus vir meer
besonderhede.
Groete
Jan
Venter
14 Januarie 2006
CPN Fin Rekenmeesters
30 Julie
2005.
Geagte ds Venter,
Hiermee saam n
opsomming van fooie rakende verskillende aspekte van die finansiële pakket FinkerkPlus.
o
Volgens my eie Standaardlys
van rekeningindelings -- R185.00
o
Indien die gemeente
se Grootboekindelings voorgelê word na gelang van die geval maar nie meer as
R360.00 nie.
·
Opleiding (6 ure)
rakende alle aspekte van Finkerkplus insluitende die oopmaak van rekeninge op die perseel
van die gemeente R875.00
·
Regstellings en
herindelings van rekeninge, bankrekonsiliasies sowel as ander konsultasiefooie R185.00 per
uur.
·
Reiskoste word teen
R1.90 per kilometer gehef indien buite die
·
Koste vir reistyd mag
in sommige gevalle gehef word teen R55.00 per uur.
Soos in die verlede
is gepoog om bedrae so laag as moontlik te hou en waar van toepassing sal eie oordeel
gebruik word om sodoende n gemeente nie meer te vra as wat absoluut nodig is nie.
U is welkom om my te
alle ure insluitende naweke en vakansiedae te kontak rakende enige probleem.
Baie sterkte aan u.
[1]
Die prys van Finkerk Plus sluit nie die rekenmeester se opleiding of reiskoste in nie.
Sien asb sy aangehegte brief met kostes.