![]() |
![]() | MaxiSMS
|
| Wat is MaxiSMS ? | MaxiSMS
is 'n rekenaarprogram wat gebruikers toelaat om een SMS in die program
in te tik en dit dan aan enige geselekteerde aantal kliënte te stuur. MaxiSMS laat gebruikers ook toe om een eposboodskap in die program op te stel en dit dan aan enige geselekteerde aantal kliënte te stuur. Eposse kan ook aanhangsels bevat. |
| Hoe werk MaxiSMS ? | MaxiSMS maak gebruik van 2 metodes wat deur die gebruiker gekies kan word om SMS'e mee te stuur. Eerstens maak MaxiSMS gebruik van 'n selfoon wat d.m.v. Bluetooth aan die rekenaar gekoppel word. Die program stuur dan die boodskappe na die selfoon wat dan op sy beurt weer die boodskappe as SMS'e na kliënte se selfone stuur. Tweedens kan SMS'e ook deur die Internet gestuur word. MaxiSMS maak gebruik van die maatskappy BulkSMS om SMS'e mee te versend. Daar is egter geen opstelling vir BulkSMS op die gebruiker se rekenaar nodig nie. Alles word deur MaxiSMS behartig. Gebruikers moet egter self by BulkSMS registreer (gratis) en daarna krediete by hulle aankoop. |
| Wat kos dit om sms'e met MaxiSMS te stuur ? | Indien
gebruikers SMS'e wil stuur met die selfoon opsie beveel ons aan
dat gebruikers 'n 24 maande kontrak met MTN aangaan. Die
kontrak is die Xpress Message kontrak. Teen huige pryse kos die sms'e
dan slegs 19 sent/sms. (BTW ingesluit) Kyk gerus op MTN se webwerf of
volg die
onderstaande skakel. http://www.mtn.co.za/?pid=5850&mid=781. Om met BulkSMS SMS'e te stuur kos tussen 25 en 42 sent per SMS afhangende van die hoeveelheid krediete wat aangekoop word. Sien gerus hulle webwerf vir meer besonderhede. http://bulksms.2way.co.za/w/pricing.htm Vir skole, kerke en nie-winsgewende organisasies is daar spesiale tariewe van slegs 23 sent per SMS beskikbaar. (Tariewe is soos Jul 2008 tariewe. Sien asb betrokke webwerwe vir op datum pryse.) |
| Kan enige selfoon saam met MaxiSMS gebruik word? | Nee, wanneer u die MaxiSMS pakket van Info-Edu aankoop ontvang u die regte selfoon en Bluetooth koppelvlak as deel van die pakket.Teen geringe ekstra koste sal een van Info-Edu se konsultante dit ook installeer op u rekenaar en verseker dat alles reg werk. |
| Hoe word eposse deur MaxiSMS gestuur? | Ontvangers word met MaxiSMS se kragtige selekteringsfunksie gekies en dan word die epos in MaxiSMS opgestel. Daar kan opsioneel ook 'n aanhangsel saam met die epos gestuur word. Wanneer daar op die stuur knoppie geklik word, word die epos outomaties na Outlook of Outlook Express se "Outbox" gestuur. |
| Laai 'n Powerpoint aanbieding hier af vir meer besonderhede. | Powerpoint Aanbieding |