Nuusflitse

Windows 10

Gemeentes wat bestaande Windows 7 of 8.1 rekenaars opgegradeer het na Windows 10 kan hier kliek vir instruksies hoe om Windows 10 te verstel sodat Winkerk 7 reg werk.  

Telefoniese Ondersteuning

Infokerk wil graag sy telefoniese ondersteuning en diens verbeter en uitbrei.
In die lig hiervan het al ons kantore reeds die Teamviewer program bekom en kan ons met hierdie
program u rekenaar se skerm sien en selfs vir u help op u rekenaar. Ons kan selfs programme op u
rekenaar installeer en u help met die konfigurasie van programme op u rekenaar.

Wat het u nodig dat ons u met Teamviewer kan ondersteun:

1. Die Teamviewer program. Dit is gratis vir u. (Ons moes dit koop)
 Maak asb seker dat u Teamviewer 7 aflaai by onderstaande link. 
(Laai af by http://www.infokerk.co.za/downloads/TeamViewerQS.exe)
2. 'n Stabiele internet konneksie.

LW: Ons wil dit graag onder u aandag bring dat om iemand met Teamviewer te help, dit soms effens
meer tyd verg. Hoewel dit dus soms effens langer mag neem het ons gevind dat dit die gehalte van
ons diens dramaties verbeter.

In die lig hiervan wil ons graag aan u die volgende versoeke rig:

1. Om die oproepe eweredig te verdeel wil ons u graag vriendelik versoek om asb u eie kantoor
te skakel wanneer u telefoniese ondersteuning benodig. (Kontak Ons)
2. Indien u nog ontsluitingskodes vir Winkerk 6 benodig, moet u asb die kodes per epos by
u plaaslike kantoor aanvra.
(Onthou dat Winkerk 7 se ontsluiting outomaties via die intenet gedoen word.)
3. Alle ontsluitingskodes vir Finkerk, Organoniser, en VDM per epos aan te vra by
infokerk@global.co.za
4. Wees asb geduldig as u nie die eerste keer na ons deurkom nie. As u 'n besettoon kry, of 'n
telefoon wat net lui gedurende ons kantoorure, onthou asb dat ons besig is om 'n ander gebruiker
na die beste van ons vermoë te help. PROBEER ASB net weer bietjie later.
5. As u na herhaalde pogings glad nie na ons kan deurkom nie, stuur asb na u plaaslike kantoor 'n
epos waarin u hulle versoek om u te kontak. (Kontak Ons)