Opgraderings

Winkerk 7
Opgradering Instruksies
7.30 Winkerk 7.30
LW: U moet seker maak dat Winkerk 7.0.0.26 reeds suksesvol gelaai is, voordat 7.30 gelaai word.


Vrystellingsdatum: 2018-06-11

Moontlike slaggate tydens die installasie van opgradering 7.30:

2 Moontlike slaggate:
1. Windows XP:
Let asb daarop dat Winkerk 7.30 nie meer op Windows XP sal werk nie.
NB: Gemeentes met programme ouer as Winkerk 7.30 sal nie meer registrasienommers kan kry nie. (U program dus ophou werk.) Dit is dus noodsaaklik dat gemeentes MOET opgradeer na Winkerk 7.30.

2. Antivirus Programme:
Antivirus programme wat moontlik die aflaaiproses kan stop, is die 2de slaggat.  Ons het gevind dat gemeentes wat Avast of AVG se gratis Antivirus programme gebruik, moontlik probleme kan verwag. Indien u 'n probleem kry ,  "Un-install" asb die
Antivrirus program en doen die aflaai en installasie. Kontak dan enige van u plaaslike takkantore vir opsies vir ander Antivirus sagteware.
Neem asb kennis dat Infokerk nou ook geregistreerde Kaspersky handelaars is. Ons kan ook Kaspersky Internet Security vir u met Teamviewer installeer. Kontak ons gerus vir pryse.

 
7.0.0.29 Winkerk 7.0.0.29
LW: U moet seker maak dat Winkerk 7.0.0.28 reeds suksesvol gelaai is, voordat 7.0.0.29 gelaai word.


Vrystellingsdatum: 2017-10-26

Moontlike slaggate tydens die installasie van opgradering 7.0.0.29:
Behalwe vir Antivirus programme wat moontlik die aflaaiproses kan stop, is daar geen ander slaggate nie.  Ons het gevind dat gemeentes wat Avast se gratis Antivirus program gebruik, moontlik probleme kan verwag. Indien u 'n probleem kry , "Stop" die Antivrirus program en doen die aflaai en installasie. Kontak dan enige van u plaaslike takkantore vir opsies vir ander Antivirus sagteware. U kan ook dieselfde opgradering op alle rekenaars installeer.

Sien asb die Winkerk 7 bladsy vir meer inligting oor Antivirus programme.

Hierdie weergawe bevat 'n aantal handige nuwe funksies soos bv. daar kan nou SMS'e wat langer as 160 karakters is, gestuur word. 'n Verdere voordeel van hierdie weergawe is dat die installasie aansienlik vergemaklik is, en dat die weergawe die laaste weergawe is waar gebruikers self na die webwerf moet gaan om 'n opgradering af te laai. Sodra ons 'n opgradering op die internet laai, sal die weergawe dit self agterkom, en homself opgradreer, sodat gemeentes nooit meer met verouderde programme hoef te werk nie. Op die manier kan ons ook baie vinniger veranderinge by alle gebruikers uitkry.

7.0.0.28 Winkerk 7.0.0.28
LW: U moet seker maak dat Winkerk 7.0.0.27 reeds suksesvol gelaai is, voordat 7.0.0.28 gelaai word.


Vrystellingsdatum: 2017-05-13

Moontlike slaggate tydens die installasie van opgradering 7.0.0.28:
Behalwe vir Antivirus programme wat moontlik die aflaaiproses kan stop, is daar geen ander slaggate nie.  U kan ook dieselfde opgradering op alle rekenaars installeer. Dit is egter goeie praktyk om altyd eers met die "server" te begin en daarna die werkstasies.
LW: In die geval van 'n netwerk moet al die rekenaars wat deel is van die netwerk opgegradeer word.
Instruksies vir koppelvlak met WOL Winkerk 7.0.0.27
LW: U moet seker maak dat Winkerk 7.0.0.26 reeds suksesvol gelaai is, voordat 7.0.0.27 gelaai word.


Moontlike slaggate tydens die installasie van opgradering 7.0.0.27
 
1.  Antivirus sagteware.
Maak seker dat u Antivirus program die opgradering blok nie. 
2.  Winkerk hou net op met werk na die opgradering gelaai is.
Nadat die opgradering gelaai is, en Winkerk 7.0.0.27 oopgemaak word, kan u die Windows boodskap kry dat Winkerk net opgehou werk het. Om die probleem op te los is gewoonlik redelik eenvoudig.
Hou die LINKER "Control" sleutel op die sleutelbord in terwyl u die program oopmaak. Die skerm met die opskrif: "Connect to database" sal dan verskyn. Tik server in: Gewoonlik is dit "localhost\sqlexpress".
Gebruik dan "SQL Server Authentication" en voltooi dan die username en password. Die username is gewoonlik "sa" en die password is gewoonlik "infokerk101". Kliek dan o die afpyltjie langs "Database" WinkerkDB sal dan in die lysie verskyn. Kliek daarop en dan op OK.
Maak dan weer Winkerk 7 gewoonweg oop.
Kliek hier om Winkerk 7.0.0.27 af te laai

Instruksies vir gemeentes wat Trend Micro Antivirus sagteware gebruik:

Gemeentes wat die Antivirus sagteware wat deur ABSA en FNB aan hulle kliente voorsien word (Trend Micro Maximum Security) mag dalk in uitsonderlike gevalle vind dat die die sagteware die installasie van die Winkerk 7.0.0.27 opgradering blok, met die boodskap dat dit moontlik 'n gevaarlike program mag wees. (Suspicious software blocked) moet asb die volgende belangrike inligting lees.
https://esupport.trendmicro.com/en-us/home/pages/technical-support/1059964.aspx



7.0.0.26 LW: U moet seker maak dat Winkerk 7.0.0.25 reeds suksesvol gelaai is, voordat 7.0.0.26 gelaai word.

Vrystellingsdatum: 2015-11-19


Onthou dat alle opgraderings moet eers "Gesave" word. Moenie die opgradering direk van die webwerf af "Run" nie. Nadat dit "gesave" is, kan die ler van die hardeskyf af "gerun" word.

Dieselfde opgradering kan op beide die "server" en werkstasies gelaai word.
Hierdie opgradering bevat 'n hele klompie veranderinge.
1. Die grootste verandering wat hier bygevoeg is, is dat daar nou 'n data oudit module bygevoeg is. Dit beteken dat gebruikers nou kan sien watter Winkerkgebruiker het watter veranderinge op lidmate aangebring. Beide die ou en nuwe waardes word gestoor vir verwysing.
2. Daar is ook 'n klompie kleiner "bug fixes" gedoen.

Instruksies om hierdie opgradering te laai:
Met hierdie weergawe word daar aan die struktuur van die "Settings File" verander.
LW: Na die installasie van die opgradering moet u self die "Settings" weer opstel. Dit is baie belangrik om, voordat u die opgradering installeer, eers in Winkerk 7 self na die "Opstellingsblad" (Settings) te gaan en seker te maak  wat u epos opstellings is, asook waar u verslae se roete was, sodat u dit weer self na die installasie kan opstel. Sien onderstaande 2 skerms van waar u moet gaan kyk vir die verstellings.

Epos opstelling
Maak veral seker dat u weet wat die SMTP Host Password is voordat u verder gaan.
Verslae opstelling
Maak seker dat u weet waar die program u verslae vandaan kry.

Ek het bg. instruksies gelees en verstaan dit. Kliek hier om die opgradering af te laai.

7.0.0.25 LW: U moet seker maak dat Winkerk 7.0.0.24 reeds suksesvol gelaai is, voordat 7.0.0.25 gelaai word.

Vrystellingsdatum: 2015-05-27


Dieselfde opgradering kan op beide die "server" en werkstasies gelaai word.
Hierdie opgradering bevat 'n hele klompie veranderinge.
1. Die grootste verandering wat hier bygevoeg is, is dat die gemeentes se adresse is nou die nuut bygewerkte adresse soos dit uit die 2015 jaarboeke en almanakke van die verskillende kerke opgedateer is.
2. Daar is baie gewerk aan die sekuriteitsvlakke van die verskillende gebruikers wat in Winkerk aanteken.
3. 'n Afgehandel knoppie is bygevoeg om 'n algemene aanduider te voorsien wanneer 'n lidmaat se inligting volledig is.
4. Gebruikers kan nou hulle eie QAT 'buttons' byvoeg en stoor vir latere gebruik.
5. Skermgrootte en skermposisie van die Winkerk skerm word onthou wanneer die program toegemaak word.
6. Die probleem wat sommige gemeentes op netwerke ervaar het dat sekere rekenaars op die netwerk baie stadig was, is ge-identifiseer as die program wat na fotos van lidmate soek wat nie bestaan het nie. Hierdie probleem is aangespreek.
7.0.0.24 LW: U moet seker maak dat Winkerk 7.0.0.21 reeds suksesvol gelaai is, voordat 7.0.0.24 gelaai word.

Dieselfde opgradering kan op beide die "server" en werkstasies gelaai word.
Hierdie opgradering bevat 'n hele aantal kleiner veranderinge. Die grootste verandering wat hier bygevoeg is, is dat die verlofregister ook nou bygevoeg is.
7.0.0.21 LW: U moet seker maak dat Winkerk 7.0.0.20 reeds suksesvol gelaai is, voordat 7.0.0.21 gelaai word.

A: Instruksies vir 'n "Server" of losstaande rekenaar.
Installeer die program soos normaalweg en maak dan Winkerk 7 oop. Die program sal dan outomaties die opgraderings uitvoer en dan direk in die program ingaan.

B: Instruksies vir 'n werkstasie rekenaar
1. Installeer die opgradering soos normaalweg
2. Moenie Winkerk7 oopmaak nie
3. Soek na die gids C:\Program Files (x86)\Winkerk7 en maak dit oop. Soek na DBUpdate_027.sql en delete dit.
4. Winkerk 7 kan nou oopgemaak word.

Gemeentes wie se Winkerk in 7.0.0.20 of ouer is moet enige van ons kantore kontak dat ons u kan help om die program met Teamviewer op te gradeer.
Finkerk Plus Opgradering
Finkerk 3.1 Hierdie opgradering moet afgelaai word indien u Finkerk Plus saam met Winkerk 7 wil gebruik.