Tuis Opvoedkundig
Ons wil graag enige gemeente uitnooi om ons te kontak met die oog op die aankoop van BybelPRET programme vir verspreiding in die gemeente. U kan enige van ons takkantore kontak vir bestellings. Indien u die program nie van u plaaslike gemeente kan bekom nie, kan u gerus met enige van ons takkantore self skakel.
wpe1.jpg (56422 bytes)

BybelPRET
Volume 1

 

'n Eerste Afrikaanse Bybellees en speletjies program vir kinders van 6 - 13 jaar BybelPRET is die eerste Afrikaanse Bybellees en speletjies program vir Laerskoolleerlinge. Volumes 2 en 3 behoort eersdaags beskikbaar te wees.
In hierdie skerm is 'n hele aantal speletjies weggesteek wat die kind moet ontdek. Speletjies soos legkaarte, inkleurprente, soek die verskille, verbind die kolletjies, soek die woorde, verskillende spellingoefeninge, asook verskillende optel- en aftrek wiskunde oefeninge word hier weggesteek. 'n Baie lekker speletjie vir die ontwikkelling van logiese denke is ook hier weggesteek. games.jpg (28248 bytes)
Leerareas wat deur die program gedek word, is: Leesontwikkeling.  Beide leesspoed en begrip word verbeter. Drie verskillende leestegnieke word in die program gebruik. Leesspoed kan verstel word na gelang van die gebruiker se vaardigheid. Elke storie het ook sy eie begripstoets wat beantwoord moet word.
Spelling.  Verskillende spellingoefeninge word gedoen.
Ander vaardighede wat ingeoefen word is:
Oefeninge vir Visuele persepsie
Optel- en aftrek wiskunde oefeninge
Hand- oog koördinasie
Geheue ontwikkelling
Woordherkenning
Logiese denke
Kleur- en vormherkenning
Ander Speletjies is oa:
Geheuespeletjies soos hier langsaan
geheue.jpg (38969 bytes)
Optel- en aftrek wiskunde speletjies soos hierdie een gee ure van pret.
cleopat.jpg (24800 bytes)