Die demonstrasieprogram sal slegs werk vir gebruikers wat Winkerk Plus weergawe 5.3 reeds op hulle rekenaar gebruik. Indien u nie oor Winkerk Plus 5.3 beskik nie, kan u enige van ons kantore kontak vir 'n Demonstrasie CD.
![]() |
VDM Plus VDM
Plus is 'n tweetalige dagboekgebaseerde program om die totale studeerkameradministrasie
van die Predikant te hanteer. VDM Plus is baie gebruikersvriendelik en sluit ook 'n
volledige Windows Hulp Lêer in. VDM Plus kan onder Windows 98, ME, 2000 en XP werk. Die
program maak voorsiening vir die volgende aspekte van die predikant se bediening: |
| Hoofkeuseskerm Die Hoofkeuseskerm van VDM Plus word as 'n kalender aan die gebruiker vertoon. Hierdie is die werksarea waar Afsprake, Optredes en Onderhoude ingevoer kan word. Die lidmate waarmee onderhoude gevoer word, kan direk uit Winkerk Plus ingetrek word, of kan ook self ingevoer word. |
![]() |
| Afsprake | Afsprake wat nie regtig iets met Individuele of Groepsbediening te doen het nie kan hier ingevoer word. Afsprake kan ook as 'n Heeldag afspraak aangedui word soos bv. vakansiedae, verjaarsdae, ander belangrike dae ens. |
| Optredes (Groepsbediening) | Optredes soos preke, bybelstudies, bidure ens kan ingevoer met allerlei belangrike inligting oor die optrede. (Sien ook OLE koppelvlak asook herhalende inskrywings hieronder) |
| Onderhoude (Individuele Bediening) | Onderhoude soos huisbesoeke, siekbesoeke, hospitaalbesoeke ens kan ingevoer met allerlei belangrike inligting oor die onderhoud. (Sien ook OLE koppelvlak asook herhalende inskrywings hieronder). Daar bestaan ook 'n koppelvlak met die lidmate in Winkerk Plus. Wanneer die onderhoud dus aangeteken word hoef die lidmaat se besonderhede nie weer in VDM Plus ingevoer te word nie, maar kan uit Winkerk Plus onttrek word. Vir gebruikers wat nie oor Winkerk Plus beskik nie, kan die lidmaatbesonderhede egter wel self ingevoer word in VDM Plus. |
| Herhalende
inskrywings: Afsprake, Optredes en Onderhoude kan opsioneel ook as 'n herhalende inskrywing aangedui word. ![]() |
|
| OLE (Object Linking and Embedding) Koppelvlak | Aan alle afsprake, optredes en onderhoude kan daar opsioneel 'n dokument gekoppel word wat wysigbaar is vanaf die dagboek inskrywing in sy eie applikasie. D.m.v. OLE kan daar bv. 'n Microsoft Word dokument aan 'n optrede soos bv. 'n preek gekoppel word. Hierdie dokument kan dan direk vanaf VDM Plus in Microsoft Word oopgemaak word en ook geredigeer word. Dokument is nou maklik opspoorbaar omdat VDM Plus rekord hou van die dokument wat aan elke inskrywing gekoppel is. |
| Ander Registers | VDM Plus maak ook volledig voorsiening vir ander registers soos 'n Logboekregister, Korrespondensieregister, Bateregister, Indekskaarte asook 'n Take om te doen afdeling. Daar is ook koppelvlakke met ander programme soos Woordverwerkingsprogramme, Sigblaaie, ens. VDM sal selfs kontakte skakel d.mv. 'n gekoppelde modem en rekord hou van telefoongesprekke asook 'n Loglêer byhou van die tydsduur van hierdie gesprekke. |