DRINGENDE SMS KENNISGEWING !!
DRINGENDE SMS KENNISGEWING !!!
Dit is baie belangrik dat gemeentes van die volgende manier moet kennis neem waarop Winkerk 7 tewerk gaan met geskeduleerde SMS's.
Verjaarsdag SMS'e of enige ander geskeduleerde SMS'e mag nie uit een jaar na 'n volgende jaar geskeduleer word nie. U MAG DUS NIE IN DES 2011 REEDS VERJAARSDAG SMS'E SKEDULEER VIR JANUARIE 2012 OF ENIGE ANDER TYDPERK IN 2012 NIE.
Verjaarsdag SMS'e, of enige ander geskeduleerde SMS mag slegs geskeduleer word tot en met 31 Des 2011. Indien u dus verjaarsdag SMS'e vir lidmate wat in Jan 2012 verjaar wil skeduleer MOET u wag tot op 1 Jan 2012 en dan die versending doen.
Ons is tans besig met navorsing of dit verander kan word, maar tot tyd en wyl ons dit kon verander moet u asb kennis neem van hoe die program op die oomblik werk.
LW: Indien u die SMS'e sou skeduleer vir iewers in volgende jaar, sal dit nie volgende jaar afgelewer word nie, maar nou dadelik!!
Telefoniese ondersteuning gedurende die Desember skoolvakansie
Ons Lyttelton kantoor sluit op 2 Des 2011 vir die skoolvakansie en sal weer op 16 Jan 2012 heropen. Ons wil asb versoek dat u in hierdie tyd asb alle
ontsluitingskodes by die Kaapstad, Bothaville en Pietermaritzburg kantore hetsy
per telefoon of per epos sal aanvra.

Afrikaans
English